Tuisblad
Welkom by Atforest gastehuis in Kaapstad, in die geskiedkundige Oranjezicht, aan die voet van Tafelberg. Hiervandaan kan u afkyk op die 350 jaar jonge moederstad met meer as twintig restourante en bars in die besige Lang- en Kloofstrate.
Verder af na die stadsentrum is verskeie bekende historiese besienswaardighede soos die hotel Mount Nelson, met daaronder die Kompanjiestuine, nasionale kunsmuseum, planetarium en die oudste sinagoge in die land. Daar is twee katedrale, die Kasteel, die Waterfront, wit strande en golfbane - almal bereikbaar binne minute per motor.
Breëband (ADSL) 'n WiFi beskikbaar.
Vir verdere inligting oor herberg en pryse, kliek asseblief op "oor ons". U sal 'n kaart vind op die "Ligging" blad en "adres" en kontakbesonderhede in "kontak".