Ligging, aanwysings and kaarte
Die gastehuis, Atforest , is geleë aan Forestweg in Oranjezicht, bokant die stadskern. Taxis is vrylik bekombaar by die
Kaapstad Internasionale Lughawe en ook motorverhuringsfirmas. Die lughawe is omtrent 20 minute per motor uit die stad.
Ligging: 33.942416 S, 18.411852 E
|
|
Oranjezicht straatkaart |
Kaapstad kaart |
Aanwysings van lughawe af;
- Neem die N2 na Kaapstad.
- Na 17 km hou u regs met die M3 (De Waal rylaan) en met Roelandstraat af tot voor die ruiterstandbeeld van Louis Botha
voor die parlement.
- Draai links en ry reguit op berg toe tot u by 'n T-aansluiting in Montrealweg indraai en dan in Forestweg regs afdraai.
- Nommer 14 is aan die linkerkant.